Jy kan soveel meer doen as net toebroodjies maak!
Genoeg vir: 6 porsies
Bereidingstyd: 20 minute
Oondtemperatuur: 180 °C
Baktyd: 5-7 minute
BESTANDELE:
75 ml botter, gesmelt
400 g sampioene, fyngekap
1 groot ui, fyngekap
sout en varsgemaalde swartpeper
6 snye witbrood, korsies afgesny
12 skyfies gerookte ham
6 eiers
METODE:
1 Voorverhit die oond. Verhit 25 ml van die botter in ‘n braaipan en  braai die sampioene en uie tot sag en glansend. Geur met sout en  swartpeper.
2 Rol die snye brood met ‘n koekroller dunner uit en smeer dan elke sny alkant versigtig met botter.
3 Smeer of spuit ‘n reuse-muffinpan. Druk ‘n sny gesmeerde brood in  elke muffinholte. Pak twee snytjies ham in elkeen en skep
van die  sampioenmengsel bo-op. Breek ‘n eier in elkeen en geur. Bak vir sowat 5-7 minute of tot die eierwit gestol is.